Welcome, Guest. Please login or register.
Did you miss your activation email?

Login with username, password and session length
News:
 
  Home Help Gallery Login Register   *
Gallery
   TheLounge
   SA Police Veterans
   Have your Say
       Food & Recipes
       Videos
       Jokes
       Computer Room
       The Loo
   Sê jou Sê
   Forum Support
   Gallery
  
Recent Posts
by cjm
[Today at 09:28:28 AM]

by cjm
[Today at 07:28:05 AM]

[Today at 04:39:00 AM]

[Today at 02:23:21 AM]

by cjm
[Yesterday at 07:35:37 PM]

by cjm
[Yesterday at 07:29:26 PM]

by cjm
[Yesterday at 07:23:36 PM]

by Trog
[Yesterday at 03:08:27 PM]

by cjm
[Yesterday at 01:13:50 PM]

by cjm
[June 18, 2013, 08:06:00 PM]

by cjm
[June 18, 2013, 07:36:07 PM]

by cjm
[June 18, 2013, 07:32:11 PM]

by cjm
[June 18, 2013, 04:46:31 PM]

by cjm
[June 18, 2013, 08:28:07 AM]

[June 17, 2013, 09:35:55 PM]
World Clock
Pages: [1]   Go Down
  Print  
Author Topic: Boererate wat werk of nie  (Read 12264 times)
0 Members and 1 Guest are viewing this topic.
Papillon
Majoor
*
Offline Offline

Gender: Female
Posts: 4414


feather pen


Go Up

Ignore
« Reply #10 on: May 01, 2008, 08:23:55 AM »


Sjoe Dutchy as dit koper kan skoonmaak, dink net wat doen dit aan 'n mens se ingewande.
Logged

Dreams are renewable. No matter what our age or condition, there are still untapped possibilities within us and new beauty waiting to be born.
Ex-Dutchman
Luitenant Generaal
*
Offline Offline

Gender: Male
Posts: 15460


Dis somer enie hempie is yt


Go Up

Ignore
« Reply #9 on: April 30, 2008, 10:11:33 PM »

You are not allowed to view links. Register or Login
As jy naar is maar nie kan opgooi nie.  Druk een van jou vingers in jou agterstewe en die ander in jou keel.  As dit nie werk nie - ruil vingers.


Dit kom smak vi my na hu k@k storie!
You are not allowed to view links. Register or Login
Ons praat net gisteraand so van hoe ons en ons ouers nog kasterolie gedrink het vir allerhande dinge, maar meestal om jou gestel skoon te kry. Nou drink niemand meer kasterolie nie, maar betaal duur vir allerhande detox muties. Goeie ou kasterolie het die sakie sommer gou-gou, goedkoop en vinnig reggestel. Ek is seker my ma het by tye geglo dat kasterolie sommer van ons stoutigheid ook ontslae geraak het. Kry 'n mens nog kasterolie? Ek dink nie vandag se detox rate werk so goed met die stoutigheid van die kinders nie. 

Ja sikke kaster se olie is nog kom beskikbar is by so hu apoteek.  En inie verre vreemde ok.  Ek het so hu pa weke trig kom koop.  Kaster se olie werk ok goet om goeje kwalitiet se koper te kom skoomak.
Logged

Wat is hu huis sonner hu moeder - wat is hu kar sonner hu turbo?

If it ain't broke - don't fix it.
If it ain't broke - break it - rip it into bits and fix it

“You see things; and you say, 'Why?' But I dream things that never were; and I say, 'Why not?'”  George Bernard Shaw
Sanchez
Kolonel
*
Offline Offline

Gender: Male
Posts: 8808


AKA Clix


Go Up

Ignore
« Reply #8 on: April 30, 2008, 08:18:20 AM »

As jy naar is maar nie kan opgooi nie.  Druk een van jou vingers in jou agterstewe en die ander in jou keel.  As dit nie werk nie - ruil vingers.

Logged

FREEDOM without mutual respect means nothing. (Clix)
Dreamer
Sersant Majoor
*
Offline Offline

Gender: Female
Posts: 928



Go Up

Ignore
« Reply #7 on: April 29, 2008, 11:03:30 PM »

Ons praat net gisteraand so van hoe ons en ons ouers nog kasterolie gedrink het vir allerhande dinge, maar meestal om jou gestel skoon te kry. Nou drink niemand meer kasterolie nie, maar betaal duur vir allerhande detox muties. Goeie ou kasterolie het die sakie sommer gou-gou, goedkoop en vinnig reggestel. Ek is seker my ma het by tye geglo dat kasterolie sommer van ons stoutigheid ook ontslae geraak het. Kry 'n mens nog kasterolie? Ek dink nie vandag se detox rate werk so goed met die stoutigheid van die kinders nie. 
Logged

The only thing in our world that scares me out of my religion, is organised religion.
cjm
Generaal
*
Offline Offline

South Africa South Africa

Posts: 18203


the lone ranger must be goofy


Go Up

Ignore
« Reply #6 on: April 29, 2008, 11:10:24 AM »

You are not allowed to view links. Register or Login
As dit so aangaan, kan 'n ou later wyn met 'n drupper in jou ore spuit as jy olik voel!!

Weet nie van die ore nie, maar jy kan dit maar in jou mond spuit! 
Logged

Nothing is scarier than when plants come to life and attack you
Papillon
Majoor
*
Offline Offline

Gender: Female
Posts: 4414


feather pen


Go Up

Ignore
« Reply #5 on: April 29, 2008, 09:04:14 AM »

As dit so aangaan, kan 'n ou later wyn met 'n drupper in jou ore spuit as jy olik voel!!
Logged

Dreams are renewable. No matter what our age or condition, there are still untapped possibilities within us and new beauty waiting to be born.
cjm
Generaal
*
Offline Offline

South Africa South Africa

Posts: 18203


the lone ranger must be goofy


Go Up

Ignore
« Reply #4 on: April 28, 2008, 11:09:52 PM »

Gebruik hulle nie waterstofperoksied om hare te bleik nie?

Dit is, meen ek, 'n sterk oksideermiddel en kan ook gebruik word (onwettig tot onlangs) om die vlakke van sekere preserveermiddels in wyn te verminder.

Werklik 'n wondermiddel.
Logged

Nothing is scarier than when plants come to life and attack you
Ian
Luitenant
*
Offline Offline

Gender: Male
Posts: 1307


Go Up

Ignore
« Reply #3 on: April 27, 2008, 10:01:07 PM »

Hulle sê die Karoobossie is so vol spoorelemente dat die skape staalwol in plaas van gewone wol produseer. 
Logged
Papillon
Majoor
*
Offline Offline

Gender: Female
Posts: 4414


feather pen


Go Up

Ignore
« Reply #2 on: April 27, 2008, 07:22:28 PM »


My pa het ook sterk in die kanferwater raad geglo. Ek het onder die Engelse kant iets geplaas wat ek raakgeloop het oor Waterstof Peroksied. Wonder of dit dieselfde goed is wat mens in die haarkleursel kry? Hulle praat van 'n 3% verdunning wat blykbaar fantasties is om enige griep in sy spore te stuit!!
Logged

Dreams are renewable. No matter what our age or condition, there are still untapped possibilities within us and new beauty waiting to be born.
®Amatambo
Majoor
*
Offline Offline

Gender: Female
South Africa South Africa

Posts: 3839


Terug in Transvaal!


Go Up

Ignore
« Reply #1 on: April 27, 2008, 07:17:44 PM »

Een Boereraat wat definitief vir my werk wanneer ek mislik voel is - wag daarvoor - kanferwater!  Oorle' Ouma het altoos 'n kanferblokkie in sowat twee koppies kookwater gegooi en die houer dan toegeskroef.  Indien iemand mislik, of selfs net winderig voel, was 'n lepelvol hiervan ons voorland - as dit baie sterk was, is dit effe met water verdun, en die naar gevoel is gou genoeg weg.

Ek hou ook 'n botteltjie vol in my kombuiskas vir die wis en onwis - juis vanaand weer 'n slukkie daarvan gedrink nadat ek iets geëet het wat met my gesels het.

So van kanfer gepraat - wanneer ek my komberse en al die ekstra kussings wegpak, gooi en gewoonlik 'n blokkie of twee in die trommel waarin ek die goed bêre - dit ruik heerlik wanneer mens weer vir gaste moet bed opmaak.  En 'n koekie of twee lekkerruik seep tussen jou onderklere laat alles ook lekker ruik...
Logged

You can fool some of the 'Sheeple' all of the time,
You can fool all of the 'Sheeple' some of the time,
But you can't fool all of the 'Sheeple' all of the time.
Sean Bryson
Papillon
Majoor
*
Offline Offline

Gender: Female
Posts: 4414


feather pen


Go Up

Ignore
« on: April 27, 2008, 06:49:48 PM »



`EET jou wortels, my kind. Dis goeie, ordintlike medisyne vir jou oë. En moenie jou beet vergeet nie. Hoekom dink jy het Ouma self sulke fênsierige rooi wange?''

Só het Ouma mos altyd met oorwoë wysheid geredeneer wanneer ons kinders oor die etenstafel so suur gesluk het aan ons groente. Soms moes sy selfs ietwat hardhandig ingryp -- wanneer ons lepelsvol gewraakte spinasie en pampoen vir die kwylende Dobermann onder die tafel wou voer.

``A nee a,'' sou sy ons dan betig, ``spinasie is vol yster wat jou so sterk maak soos Pop-aai. En pampoen gee jou krulhare. Hoe dink julle sal ou Wagter nou lyk met golwende poedel-hare en boonop bultende spiere soos ’n superheld in die comics?''

Ouma se idees van die voedingswaarde van groente was sekerlik deurspek met verskeie ongelooflike wolhaar-gelofies. Maar minstens vyftig persent van haar uitsprake het tog ’n wetenskaplike basis gehad, besef ’n mens vandag . . . al het sy self nooit êrens enigiets van die medisinale werkinge van vitamiene geleer nie.

Feit is, al raak die wêreld van medisyne steeds meer hipertegnologies en gesofistikeerd, bly boererate vandag baie mense se heel eerste verdedigingslinie teen siektes.

En met goeie rede. Sulke rate is immers van geslag tot geslag oorgedra en moes hulself tog seker bewys het onder die spesifieke families wat so lank aanhou om daarby te sweer.

Soos ’n kenner van volkskulture en volksgeneeskunde dit stel: ``Boererate is die resultate van eeue se probeer en fouteer en weer probeer totdat middels gevind is wat werklik werk.''

Een van die beste voorbeelde is die Chinese tradisionele geneeskunde met sy natuurlike medisyne wat oor duisende jare heen beproef is en vandag omtrent enigiets kan vermag -- van die verlaging van bloeddruk tot die opkikkering van die menslike gestel.

``Eet varklewer,'' word ons byvoorbeeld deur ’n Chinese dokter aangeraai. ``Dit kan jou oë help om beter te sien en kan boonop jou bloed meer woema gee.''

As dit vir jou vreemd klink, lees wat vertel ’n bekende Vrystater wat om verstaanbare redes verkies om anoniem te bly: ``Toe ek ’n kind was, was ek so gepla met maagpyn en ’n los maag dat af en toe eenvoudig nie gou genoeg by die buitelatrine op ons kleinhoewe kon uitkom nie. Gelukkig het ek goeie raad gehad. Ek het elke keer ’n dikkerige pap van meel en water in ’n koppie aangemaak en dit net so afgewurg. Die maagpyn was dan gou verby.

``Maar ek het ook al gehoor van ’n ma wat sardiensolie aan haar kinders se nekke gevryf het wanneer hulle pampoentjies gehad het,'' vertel hy verder. ``Arme kinders. Hulle het seker die hele tyd lê en yl terwyl hulle hulle verbeel het hulle is op ’n vissersboot.''

VIR BAIE boererate hoef ’n mens niks verder te soek as die kombuis nie:

    * Kruiedokters verkondig al lank dat skyfies rou aartappels of uie die byte of steke van insekte kan verlig.
    * As jy oorpyn het, kan jy ’n bietjie knoffel of uiesap net so effentjies warm maak. Gooi ’n paar druppels in die oor en verseël dit met ’n wattepluisie. Dit help om olie en slym in die oor op te breek en om infeksie te beveg.
    * As jou keel seer is, gooi ’n bietjie sout in warm water en gorrel.
    * As jy ’n hoesmiddel nodig het, probeer heuning in water met suurlemoensap of appelasyn.

Hoewel ’n mens moet onthou dat geen boereraat die plek van jou dokter kan inneem by ernstige siektes nie, lyk die rate hierbo almal betreklik onskuldig vir minder ernstige ongesteldhede.

Wanneer jy diep in die volksgeneeskunde delf, kom jy egter ook op die eienaardigste voorskrifte af.

So was daar die ma wie se ``medisynekis'' grootliks bestaan het uit ’n koerant, ’n ou sokkie, koffiemoer, aartappels, knoffel en olyfolie. Daarmee het sy ’n hele rits kwale behandel, vertel haar dogter, ene Rosemary.

``As jy hoofpyn gehad het, is ’n lap met rou aartappelskyfies en koffiemoer daarbinne oor jou voorkop gebind.

``Wanneer jou oor gepyn het, het Ma ’n paar druppels olyfolie in jou oor gegooi. Dan het sy ’n koerant soos ’n kegel opgedraai, die smal punt in jou oor gedruk en die ander end aan die brand gesteek.

``Vir ’n seer keel moes ons ’n sokkie -- ’n warm sokkie -- om die nek bind.

``Maagpyn het Ma behandel deur olyfolie op jou maag te vryf en ’n huisie knoffel in jou naeltjie te druk.

``Die wonderlikste van alles,'' sluit Rosemary af, ``is dat party van daardie rate jou werklik gewerk het!''

``Maar hoe dan ook anders?'' is die kommentaar van ons kenner van volkskulture. ``Mense het vroeër dae gelag vir ons boere wat ’n koperwieltjie aan hul ploeg geheg en beweer het dat die nederige wieltjie hul oeste help vergroot.

``Noudat ons weet dat saaigrond ook spoorelemente soos koper nodig kan hê, besef ons ook dat ons nie alles as belaglik moet beskou wat ons nie verstaan nie . . .''
Logged

Dreams are renewable. No matter what our age or condition, there are still untapped possibilities within us and new beauty waiting to be born.
Pages: [1]   Go Up
  Print  
 
Jump to:  

Powered by SMF 1.1.18 | SMF © 2013, Simple Machines
TinyPortal v0.9.8 © Bloc